Back

ACSI School Vacancies

View available vacancies at our partner schools. Click and search below. For partner schools that wish to upload vacancies please login here.

Calling Academy Paarl

AFRIKAANS HUISTAAL GR 8 – 10

Start Date: 12/01/2027 | Closing Date: 11/09/2026

Job Summary/Key Duties:

Die suksesvolle kandidaat sal hoofsaaklik Afrikaans Huistaal aan Graad 8 – 10 onderrig, Ander verantwoordelikhede van die pos sal met die suksesvolle kandidaat gefinaliseer word, maar sal in 2027 waarskynlik insluit:

● Onderrig van Engels Eerste Addisionele Taal aan Graad 8
● Daar is ‘n moontlikheid dat ‘n bestuursposisie deel van hierdie rol kan wees indien ‘n geskikte kandidaat gevind word.
● Ander redelike onderrigverantwoordelikhede
● Redelike buitemuurse verantwoordelikhede as deel van skool se rooster.

Qualifications/Requirements:

Die suksesvolle kandidaat moet:

  • Gekwalifiseerd wees om Afrikaans in die VOO- en Seniorfase te onderrig
  • Ondervinding in bostaande vakke sal in ‘n kandidaat se guns tel
  • Toegewyd en innoverend wees terwyl ‘n hoë vlak van professionele uitnemendheid gehandhaaf word.
  • Energiek en opgewonde wees om in leerders se lewens in te bou op akademiese en nie-akademiese vlak
  • SACE-geregistreerd wees (‘n bewys sal vereis word)
  • ‘n Passie hê vir die impak wat deur onderrig gemaak kan word binne die Suid-Afrikaanse konteks.
  • Oor uitstekende interpersoonlike- en aanbiedingsvaardighede beskik.
  • Opgewonde en ondersteunend wees teenoor die skool se visie en Christelike missie.

Downloadable File: Download Full Advert

Additional Information:

HOE OM AANSOEK TE DOEN

  1. Volg asb die volgende skakel en voltooi die vorm: https://forms.gle/mRT3DoeUdv29dfQf6
  2. Nadat vorm voltooi is stuur asb jou CV aan Calling Academy Paarl by paarlinfo@callingeducation.org.za
    Gebruik as AFRIKAANS HT as onderwerplyn