Back

ACSI School Vacancies

View available vacancies at our partner schools. Click and search below. For partner schools that wish to upload vacancies please login here.

Calling Academy Citrusdal

Wiskunde en ander vakke onderwyser

Start Date: 01/01/2027 | Closing Date: 16/09/2026

Job Summary/Key Duties:

Die plig van die rol sluit in, maar is nie beperk nie, tot:
• Die onderrig van Wiskunde, in Afrikaans, as kernvak aan twee Graad 8 klasse
• Die onderrig van ander vakke wat binne die suksesvolle kandidaat se vermoëns en kapasiteit val
• Bereidwilligheid om betrokke te wees by buitemuurse aktiwiteite
• Die lewer van positiewe bydraes tot die personeel- en skoolkultuur
• Ander redelike pligte wat dalk benodig mag word

Qualifications/Requirements:

Persoonbeskrywing:

  • Opgewondenheid oor onderwys-roeping en Calling Education se missie
  • Geskikte kwalifikasie om Wiskunde te onderrig in die Seniorfase. ‘n Kwalifikasie om Wiskunde in die VOO-fase te onderrig sal verder voordelig wees.
  • SACE geregistreerd
  • Uitstekende interpersoonlike vaardighede – die vermoë om effektief met ouers, leerders, personeel en ander belanghebbende partye te kan werk.
  • Die vermoë en oortuiging om aan die skool se Christelike missie uiting te kan gee

Additional Information:

Let wel: Alhoewel die begin van die skool in Januarie 2027 hoogs waarskynlik is, is dit nog onderworpe aan finale prosesse. Dit is noodsaaklik om nou reeds met die proses te begin om die geskikte personeel aan te stel en kandidate word aangemoedig om in verbinding te tree om meer oor die geleentheid te hore te kom.

Salaris: Calling Education het ‘n kompeterende salarisskaal. Die salaris vir hierdie posisie sal met die suksesvolle kandidaat bespreek word.

Sluitingsdatum: 16 September

Hoe om aansoek te doen: Stuur u CV per e-pos aan astramrood@callingeducation.org.za

Webblad: www.callingeducation.org.za